Jy is dalk al so verwond van onverwerkte trauma en wonder hoe jy ooit uit hierdie kraaines van seer sal kom. Jy wil vlug van jou probleme … net weg van alles. Jy neem jouself voor om die regte ding te doen, maar dan bevind jy jouself presies weer terug in die moeras waar niks uitwerk nie. Jou verhoudings lei daaronder en die besluite wat jy neem werk nooit uit nie.
Jy hoef nie meer oorweldig te voel deur onverwerkte trauma wat vrees, angs, verwerping, ’n swak selfbeeld of depressie veroorsaak nie. Jy kan klaarmaak met die emosionele snellers wat jou daagliks geestelik, emosioneel en fisiek dreineer?
Ons nooi jou uit na Kies die Lewe, ’n kragtige innerlike genesingskursus gebaseer op die boek deur dr. Leonie Pretorius. Oor elf sessies kombineer ons teoretiese insigte en praktiese toepassings om jou te help om heel te word.
In hierdie kursus kyk ons na die siel – die plek waar sielswonde skuil – en ons leer hoe die onderbewussyn en bewuste denke met mekaar kommunikeer en snellers veroorsaak. Jy sal leer hoe om hierdie uitdagings te hanteer met verantwoordelikheid teenoor God, jouself en jou medemens.
Ons hanteer die oorsake, simptome van vrese, verwerping en depressie, en vertrou die Heilige Gees om, saam met jou gewilligheid, volledige genesing te bring.
Alles begin altyd by God wat jou Helper is. Jy sal Sy diep liefde vir jou ontdek en Sy hart om ‘n lewende liefdesverhouding met Hom te hê. Al wat ons moet doen is kies – kies om God te vertrou, kies om die lewe wat Hy vir jou beplan met Sy hulp te lewe, en kies om oor te gee aan jou God wat jou wil genees en vrymaak van seer.
Deuteronomium 30:19 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag.
Hierdie kursus lei jou om as ’n nuwe, heel en sterker mens op te staan in jou identiteit in Christus. Is jy gereed om jou reis na genesing te begin? Sluit aan by ons kursus en vul vandag nog die registrasievorm hier onder in!
AANLYN REGISTRASIE
Bepalings en Voorwaardes