Innerlike Genesingskursus: Kies die Lewe (Zoom)


Daar kom ‘n tyd in elkeen se lewe waar ons introspeksie moet doen oor waar ons vandaan kom en waarheen ons op pad is. Wat is dit wat jou in die lewe terughou sodat jy glad nie vorentoe kan beweeg nie? Hoekom maak jy elke keer dieselfde foute? Jy is dalk al jare so vasgevang in seer dat jy nie eers weet hoe die leuen van die duiwel jou terughou van die VRYHEID wat GOD jou kan bied nie.


Ons almal word iewers blootgestel aan trauma. Dit is ongelukkig deel van die lewe. Wat baie nadelig is, is onverwerkte trauma of die ontkenning daarvan. Jy sal jou trauma dalk vir ‘n wyle kan ontken of ignoreer, maar as jy nie jou eie snellers (triggers) verstaan en daardeur werk nie, gaan dit later weer na vore kom. Soms op die mees ongeleë plekke en tye.


Die psigiese/sielswonde wat die traumatiese gebeure laat, word trauma genoem. Dit is die innerlike pyn en seer wat die persoon ná die gebeure ervaar. Dit kan baie jare terug gebeur het of onlangs.


Trauma word gekoppel en gaan gepaard met ’n voorval of gebeurtenis wat skok, diep teleurstelling, lewensbedreigende situasies en verlies insluit. Situasies buite jou beheer wat jy nie verwag het nie of waarop jy nie voorbereid was nie. Lewensbedreigend sou voorvalle wees soos gewapende roof, 'n plaasaanval, motorkaping, ernstige motorongeluk, ernstige liggaamlike wonde, oorlog, gesinsgeweld, seksuele misdrywe (verkragting ingesluit) en terminale siekte, waar voorvalle van verlies die dood van ’n geliefde, egskeiding, verlies van ledemate en werkverlies kan wees.


Ons ignoreer of ontken meestal trauma en die innerlike pyn wat dit veroorsaak. Die kultuur van sterk wees waarin ons grootword, leer ons dat dit nie so erg is nie, daar word vertel met tyd kom ’n mens daaroor. Net om later uit te vind die fisiese wonde is lankal gesond, terwyl die psigiese /sielswond nog rou bly.


As ons nie klaarmaak met vrees en verwerping nie, sal dit omskakel in depressie – daardie gevoel van EK WIL VLUG! Ek wil alleen wees, ek wil nie meer lewe nie. Dalk het jy vir so lank al ‘n diepgewortelde skuldgevoel waarvan niemand weet nie. In die DEPRESSIE-module kyk ons ook baie diep na molestering en die uitwerking wat dit op die mens se sielsdimensie het. JESUS het aan die kruis gesê: "DIT IS VOLBRING." Kom vry van jarelange depressie wat onverwerkte trauma by jou gelaat het.

DAAR IS HOOP!


Hierdie kursus is gebaseer op die Kies die Lewe innerlike genesingskursus. Jy kan dit in die gerief van jou eie huis op Zoom bywoon (sien aanlyn datums). Dit bestaan uit vyf modules en tien sessies. Daar is ‘n alternatiewe opsie sou jy ‘n lewendige uitsending dalk misloop. Ook tot jou beskikking is ‘n privaat Zoom-sessie saam met ‘n berader gedurende die verloop van die kursus.


As ons genees is, wil ons ander help. GOEIE NUUS! Die kursus vorm ook deel van die eerste gedeelte van ‘n  BERADERSKURSUS waar jy in jou doel waarvoor jy gestuur is sal opstaan en leef om God te verheerlik! Ons verheerlik Hom wanneer ons Sy voete en hande word in hierdie gebroke wêreld; om 'n verskil te maak DEUR DIE LIG VAN GELOOF, HOOP EN LIEFDE TE LAAT BRAND.
Eers moet ons self die LEWE KIES voordat ons ander kan leer hoe om die LEWE te kies.


Deuteronomium 30: 19 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag.



AANLYN REGISTRASIE

Bepalings en Voorwaardes

  1. Ek aanvaar dat hierdie kursus 'n Bybelgebaseerde kursus is.
  2. Ek aanvaar dat die gevolgtrekking van hierdie kursus van my eie pligsgetrouheid en bywoning afhang.
  3. Registrasies is slegs geldig indien bewys van betaling voor of op 31 Januarie 2025 ontvang is. Registrasiefooie (R600) is vooruit betaalbaar, en daarna moet die res van die kursus in vier paaiemente betaal word: R500 teen 28 Februarie 2025, R500 teen 30 Maart 2025, R500 teen 30 April 2025, en R400 teen 30 Mei 2025. Jy is ook welkom om die volledige koste van R2 500 eenmalig te betaal teen 30 Junie 2024.
  4. Opsioneel: Indien jy 'n sertifikaat vir die voltooiing van hierdie kursus wil ontvang, is 'n ekstra fooi van R200 teen 30 Julie 2025 betaalbaar. Hierdie fooi sluit deur-tot-deur aflewering en koerierkoste in.
  5. Jy sal 'n faktuur binne 48 uur ná registrasie via e-pos ontvang.
  6. Geen fooie is terugbetaalbaar nie.
  7. 'n Handleiding is ingesluit by die kursusfooi. Maak asseblief seker dat jy die korrekte adres en kontakbesonderhede verskaf vir die aflewering van jou handboek. Trinity Truth Foundation aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore besendings indien foutiewe inligting verskaf is nie.
  8. Sertifikate sal slegs uitgereik word indien alle werkstukke betyds ingehandig word. Die fasiliteerder sal die sperdatums in die Zoom-sessies bespreek. Jy kan besluit of jy hierdie kursus slegs vir jouself en jou eie innerlike genesing en kennis wil voltooi, en of jy 'n sertifikaat wil ontvang; waarna jy ook die Wees Lig-kursus kan voltooi en 'n beradersertifikaat kan ontvang.
  9. Ek neem kennis dat ek toegang tot Zoom benodig vir hierdie kursus.
  10. Ek gee toestemming aan Trinity Truth Foundation om my op 'n WhatsApp-groep te plaas waar admin alle nodige en ekstra inligting met die groep sal kommunikeer.
  11. Ek aanvaar dat alle handleidings en kursusinhoud se kopiereg aan Hosanna en/of Trinity Truth Foundation behoort.