Wees Lig Aanlyn Kursus

Die innerlike genesingskursus "Kies die Lewe" het jou gehelp om op te staan in Jesus Christus en gou sal jy agterkom dat die werke van die vyand ‘n werklikheid is – om jou teë te staan om LIG TE WORD EN SY LIG IN MENSE SE LEWENS TE LAAT SKYN SODAT DIE DUISTERNIS SAL VLUG.

Hierdie lywige kursus se naam is tweedelig in die eerste plek, sodat jy in jou LEWENSDOEL sal opstaan en dat alles wat jou wil verhoed dit nie meer sal regkry nie, want jy is gemaak om Sy LIG TE LAAT SKYN. Hierdie kursus gaan jou help om in jou potensiaal te kan opstaan waarvoor God jou geskep het; dat jy sal verstaan waarom jy jou hart meer as alles moet bewaak, want daaruit is die oorspronge van jou lewe. En in die tweede plek, om dit wat in die duisternis aan die gang is aan die lig te bring. Jesus het gekom om die werke van die vyand te verbreek.

Hier gaan jy blootgestel word om eendag mense op ‘n dieper vlak te kan bedien of sommer net dat die Heilige Gees jou dieper bedien. Jy kan hierdie kursus gebruik vir selfkennis (teoretiese sertifikaat) of jy kan twee praktiese eksamens gedurende die kursus aflê indien jy wil praktiseer as 'n pastorale berader (volledige beradersertifikaat).

Die eerste afdeling van die kursus:
• Jy word geleer wat 'n berader se doel is.
• Waaroor gaan die doop en wie mag doop?
• Die grootheid van Nagmaal.
• Wat behoort te gebeur in berading waar die Heilige Gees werk?
• Pastorale bediening.
• Hoe help jy iemand om in hulle skeppingsdoel te kom?
• Die verskil tussen bekering en wedergeboorte.
• In die selfkennissirkel leer jy mense om daaglikse probleme te hanteer en op te los saam met die Heilige Gees.
• Die huwelik.
• Wat is DID (Dissosiasie Identiteit Disfunksie) se invloed op party mense? (Baie basies beskryf en word aanbeveel na ‘n kenner op dié gebied.)
• Hoe word verslawing hanteer in pastorale terapie?
• Pas sterwensbegeleiding toe.

Die tweede afdeling van die kursus:
• Polemiek (dwaalleringe in die kerk): Leer meer oor hulle beweringe, maar ook die weerlegging daarvan deur God se Woord wat tot bevryding sal lei.
• Die Nuwe en Ou Apostoliese kerk.
• Die Rooms-Katolieke.
• Die Sewendedag Adventiste.
• Jehova se Getuies.
• Die Eennaam-leer.
• Spiritualisme.
• Vrymesselary.
• Godsdienstige -ismes: Mormonisme, Teosofisme, Humanisme, Politeïsme, Panteïsme, Unitarisme, Ateïsme.
• Die Okkult.
• Satanisme.
• New Age.
• Wanneer word berading dan bevryding en hoekom bevryding nie plaasvind nie?
• Huisskoonmaak.
• Die duisternis in sekere kulture se invloed word van naderby bekyk.

Die boek "Wees Lig" is deur dr. Leonie Pretorius geskryf in en uit die praktyk van jare se BERADING. Sy het die groot gaping van kennis in die liggaam van Christus gesien. Jy sal weet jy kan mense in waarheid bedien; nie omdat die skrywer die waarheid is nie, maar omdat sy die WAARHEID LEER KEN HET EN HY WIE DIE WEG, WAARHEID EN LEWE IS haar geleer het om soveel in vryheid in Jesus Naam weg te kan stuur om ‘n nuwe lewe te gaan leef wat God verheerlik. 

Slegs studente wat die "Kies die Lewe"-innerlike genesingskursus suksesvol voltooi het, kan die WEES LIG BERADERSKURSUS voltooi. Vooraf registrasie ‘n vereiste. Die Trinity Truth-span is opgewonde om jou op hierdie "journey" te neem.




AANLYN REGISTRASIE

Bepalings en Voorwaardes

  1. Ek aanvaar dat hierdie kursus 'n Bybelgebaseerde kursus is.
  2. Ek aanvaar dat die gevolgtrekking van hierdie kursus van my eie pligsgetrouheid en bywoning afhang.
  3. Registrasies is slegs geldig indien bewys van betaling voor of op 31 Januarie 2025 ontvang is. Registrasiefooie (R600) is vooruit betaalbaar, en daarna moet die res van die kursus in drie paaiemente van R1 100 elk betaal word: teen 28 Februarie 2025, teen 31 Maart 2025, en teen 30 April 2025. Jy is ook welkom om die volledige koste van R3 900 eenmalig te betaal teen 31 Januarie 2025.
  4. Opsioneel: Indien jy 'n sertifikaat vir die voltooiing van hierdie kursus wil ontvang, is 'n ekstra fooi van R200 teen 30 Julie 2025 betaalbaar. Hierdie fooi sluit deur-tot-deur aflewering en koerierkoste in.
  5. Jy sal 'n faktuur binne 48 uur ná registrasie via e-pos ontvang.
  6. Geen fooie is terugbetaalbaar nie.
  7. 'n Handleiding is ingesluit by die kursusfooi. Maak asseblief seker dat jy die korrekte adres en kontakbesonderhede verskaf vir die aflewering van jou handboek. Trinity Truth Foundation aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore besendings indien foutiewe inligting verskaf is nie.
  8. Sertifikate sal slegs uitgereik word indien alle werkstukke betyds ingehandig word. Die fasiliteerder sal die sperdatums in die Zoom-sessies bespreek. Jy kan besluit of jy hierdie kursus slegs vir jouself en jou eie kennis wil voltooi, en of jy 'n sertifikaat wil ontvang; waarna jy ook die praktiese deel kan voltooi en 'n beradersertifikaat kan ontvang.
  9. Ek neem kennis dat ek toegang tot Zoom benodig vir hierdie kursus.
  10. Ek gee toestemming aan Trinity Truth Foundation om my op 'n WhatsApp-groep te plaas waar admin alle nodige en ekstra inligting met die groep sal kommunikeer.
  11. Ek aanvaar dat alle handleidings en kursusinhoud se kopiereg aan Hosanna en/of Trinity Truth Foundation behoort.