Getuienisse
Ons moedig jou aan om jou getuienis te deel oor hoe Trinity Truth Foundation jou lewe beïnvloed het. Jou storie is dalk net wat iemand anders moet hoor om hoop, bemoediging of selfs redding te vind. Deur ons geloof en genesingspad, en deur hierdie getuigskrifte te deel, kan ons ander inspireer op hul eie reise van transformasie.
Neem 'n oomblik om deur die getuienisse wat deur ander gedeel is hier onder te lees. Laat hulle woorde dien as 'n herinnering dat ons nie alleen is in ons stryd of triomf nie. Saam kan ons God se goedheid vier en Sy waarheid met die wêreld deel. Mag jou getuienis 'n baken van lig wees vir diegene wat dit die nodigste het.
Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene nie, maar ly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God. ~ 2 Timoteus 1:8
En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. ~ Openbaring 12:11
New entry
Deel jou storie ...
As Verpleegkundige in n gemeenskaps kliniek sien ek baie stukkende mense. My hart gaan uit na hulle. Ek voel dat elke persoon met pyn op een of ander manier sit. Geestelike pyn of fisiese pyn of n slegte gewoonte aangeleer het om van pyn te ontvlug. Almal het verlossing nodig. Wees Lig kursus is die beste Bybel gesentreerde kursus ook Kies die Lewe om self ondersoek in te stel en geneesing en verlossing te ontvang. Probeer gerus.
Het al so baie gebid vir genesing, maar dis as of iets my altyd geblok het. Met hierdie Kies Die Lewe kursus het ek so baie geleer en van so baie dinge bevryding gekry. Ek voel waarlik vry ek voel ek het weer n doel.
Ek is so so dankbaar die Here het Carin en die kursus my pad langs gestuur. Wat n blessing!
Liewe seer en siels moeë mens, soek hulp, kom vry, KIES LEWE EN NIE DOOD, SEËN EN NIE VLOEK.
Aan die einde van 2023 is ek in die hospitaal opgeneem en was totaal uitgebrand. Hier was ek, as ñ dosent en bedryfsielkundige op ñ plek waar ek nooit ooit kon dink ek sou wees nie. Die verskriklikste pille, wat ek kon voel steel my identiteit op so manier dat ek nie kon werk, dink, skryf of selfs bid nie. Na my onstlag uit die hospitaal kon ek nie verder die pille drink nie. Intussen is my pa wat vir ñ baie lang tyd siek was oorlede. Op ñ manier bestuur God dit so dat ek die Kies die lewe advertensie op Facebook sien en ek skryf in. Intussen sien ek die Psigiater wat my opgeneem het, en ek sal nooit sy antwoord vergeet toe ek vra "Wat het my in die hospitaal laat beland?
Ek weet nie, Louise, sal ons ooit weet?
Kies die Lewe kursus het my die antwoord deur die Heilige Gees gegee. Vrees vir die sterfteproses. Skielik het als sin gemaak. My pa was so, siek, ek was so bang hy gaan dood. Dis dit. Daarna kon ek vrede maak, en die leuen van vrees weerstaan, en glo dat God ons nie ñ gees van vreesagtigheid gegee het nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. Wat nog meer ongelooflik is, is dat ek ingeskryf het vir die Wees Lig kursus, en God het my as instrument gebruik om sterwensbegeleiding te kon doen in die hospitaal by my tannie se sterfbed. Dit wat die vyand wou gebruik het om te verwoes, het Jesus gebruik deur die Heilige Gees om my te kom genees en so ook ander te kon bemoedig.
Ons almal dra seer en onverwerkte trauma saam ons, maar ek dink nie ons besef werklik hoeveel ons daarvan saam dra tensy ons so kursus aanpak nie.
Ek is nou halfpad met myne, en al wat ek kan sê is "what a journey".
Ek is nie n oomblik spyt ek het dit begin nie, en sien so uit daarna om hier uit te stap, gesond.
Ek het nog altyd gedink meeste van my trauma en hartseer kom van twee spesifieke gebeurtenise in my lewe, maar met elke sessie krap Caren so bietjie dieper en wys die Heilige Gees nog bietjie meer areas wat jy aan moet werk.
Sluit aan by die kursus, as jy voel jy het n "ou ietsie" wat jy nog nie verwerk het nie, glo my, die Gees gaan vir jou baie meer gee.
Jy dink jy werk net aan trauma, maar eindig op om soveel ander emosies en gevoelens gesond te maak.
As ouer, help die kursus jou ook en sien jy nou dinge anders en hoe jou optrede teenoor jou kinders ook soms verander moet word.
Nie net werk ek aan n gesonder ek deur die kursus nie, maar ook aan n gesonder mamma weergawe.
Die kursus is elke emosie, elke sessie, en elke sent werd!
Waarlik die beste besluit wat ek nog geneem het!
Elke persoon kan in vele opsigte baat vind by hierdie kursus.
Baie dankie Carin en Francois. Julle is ñ puik span.
Deur hierdie kursus het ek geleer om met meer wysheid en begrip op te tree. Dit het my ook gehelp om te verstaan waarom mense sekere dinge doen en hoe om met deernis en insig daarop te reageer. Die wysheid en insig wat ek hier opgedoen het, is CRAZYYY.
Ek is 19 jaar oud en beveel hierdie kursus beslis aan vir enigiemand wat voel hulle dwaal of nie verstaan waarom hulle sekere gevoelens ervaar, sekere dinge altyd wil doen, of op sekere maniere optree nie. Jy sal definitief uitvind waarom, en besef dat dit vir die goeie is en nie sleg nie. Jy sal leer hoe om hierdie dinge op die manier van Jesus te doen.
Die kennis en geestelike groei wat ek ervaar het, het my lewe verander en ek is vol opgewondenheid oor wat die toekoms inhou. Hierdie kursus sal jou nie net toerus met die nodige wysheid en insig nie, maar jou ook inspireer om die genade en krag van Jesus in jou daaglikse lewe te ervaar.
Moet dit nie misloop nie – jy sal dankbaar wees vir die ongelooflike reis van ontdekking en groei wat voorlê!
Video Getuienisse
Getuienis: Louré Bosch (Kies die Lewe) | Getuienis: Simoné Funchal (Kies die Lewe) |
Getuienis: Chantal Malan (Kies die Lewe) | Getuienis: Estie Strydom (Kies die Lewe) |
Getuienis: Kies die Lewe - Aletta Bethell | Getuienis: Kies die Lewe (Vrees) - Ivonne Bergh |
Getuienis: Kies die Lewe (Vrees) - Nadine Thompson | Getuienis: Kies die Lewe - Francois Terblanche |
Getuienis: Kies die Lewe (Vrees) - Patricia Viljoen | Getuienis: Kies die Lewe (Depressie) - Patricia Viljoen |