Getuienisse • Testimonials

Ons moedig jou aan om jou getuienis te deel oor hoe Trinity Truth Foundation jou lewe beïnvloed het. Jou storie is dalk net wat iemand anders moet hoor om hoop, bemoediging of selfs redding te vind. Deur ons geloof en genesingspad, en deur hierdie getuigskrifte te deel, kan ons ander inspireer op hul eie reise van transformasie.


Neem 'n oomblik om deur die getuienisse wat deur ander gedeel is hier onder te lees. Laat hulle woorde dien as 'n herinnering dat ons nie alleen is in ons stryd of triomf nie. Saam kan ons God se goedheid vier en Sy waarheid met die wêreld deel.


Mag jou getuienis 'n baken van lig wees vir diegene wat dit die nodigste het.


Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene nie, maar ly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God. ~ 2 Timoteus 1:8


En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. ~ Openbaring 12:11

We encourage you to share your testimony about how Trinity Truth Foundation has impacted your life. Your story may be just what someone else needs to hear in order to find hope, encouragement, or even salvation. By sharing our faith and story of healing through these testimonials, we can inspire others on their own journeys of transformation.


Take a moment to read through the testimonies shared by others below. Let their words serve as a reminder that we are not alone in our struggles or triumphs. Together, we can celebrate God's goodness and share His truth with the world.


May your testimony be a beacon of light for those who need it most.


So never be ashamed of the testimony of our Lord, nor be embarrassed over my imprisonment, but overcome every evil by the revelation of the power of God! ~ 2 Timothy 1:8


And they overcame and conquered him because of the blood of the Lamb and because of the word of their testimony, for they did not love their life and renounce their faith even when faced with death. ~ Revelations 12:11

Deel jou storie ...

40 entries on 2 pages
Suzaan Van Zyl
14/01/25 18:38:18
Ek is baie dankbaar, dat ek die Innerlike Genesings Kursus kon doen. Dit het regtig my lewe verander, en groot deels my gehelp om deur my vrese te werk en dit aan te vat met die Here se krag. Die Here het my hand gevat in kursus en ons het saam deur baie hartseer gewerk, ek voel vernuwe in myself, en het weer hoop! Dankie Carin vir die ongelooflike leading wat jy vir ons gegee het deur die kursus ek beveel dit regtig aan.
Marissa Griesel
12/01/25 19:48:43
Die innerlike genesings kursus was 'n fantastiese ervaring. Ek het so baie geleer oor myself en oor genesing. Elke sessie was die beginpunt van selfo dersoek wat gelei het tot genesing saam met God.

Waarlik die beste besluit wat ek nog geneem het!
Fransie vd Westhuizen
14/11/24 15:53:22
In elkeen van ons is die Genadegawes ingeweef, maar min van ons besef werklik wat dit is of hoe om dit werklik uit te leef soos God bepaal het. Die vyand het ons oor die jare so mislei en so bly ons soekend na ons roeping. Hierdie Woordgebaseerde kursus, het my baie oor myself geleer, ñ dieper insig, persoonlike geestelike groei en nuwe openbaringe gegee om in my roeping te begin opstaan, dit uit te leef in Jesus Christus en so ook my medemens beter te dien en te verstaan.
Elke persoon kan in vele opsigte baat vind by hierdie kursus.
Baie dankie Carin en Francois. Julle is ñ puik span.
Martie Van Dam
14/11/24 13:44:32
Ek is rêgtig baie dankbaar dat ek die Genadegawes kursus gedoen het. Carin het die vermoë om op persoonlike vlak haar 'kursusganger' in te trek en, gehoorsaam aan die HG, die gawes op 'n unieke wyse aan die persoon oor te dra. Ek het elke woord aanvaar, as vanaf ons Here, wat vrymakend en helend is. Ek geniet nou 'n dieper verhouding met God, en vanuit hierdie plek het ek die moed gehad om my getuienis met ons bybelstudiegroep te deel. Die genadegawes kursus het dit wat reeds deel van my was, bevestig. My getuienis is nou 'n seëning vir my persoonlik en motiveer ander om ook vrymoedigheid te hê om vrylik te deel en ons Heer al die eer te gee. Dankie Carin!
Amanda Taljaard
09/07/24 19:21:25
Carin en Francois , baie dankie vir al die harde werk & moeite met die Genadegawe-kursus van 2024. Dankie vir julle entosiasme & openbaringskennis wat julle met ons gedeel het. Julle is waarlik lief vir Abba Vader, Jesus & Heilige Gees. Mag Abba julle seën met d keur v Sy rykste seëninge. Mag julle jul genadegawes ten volle uitleef in Christus Jesus. Shalom, Shalom! 🕊️
Connie Fraser
08/07/24 17:03:32
Is jy nog nie seker wat jou genadegawes is en waarvoor jy geroep is nie? Doen hierdie kursus by Carin Myburgh. Jy sal nie spyt wees nie! Ek het vir baie jare rond gedwaal en tyd gemors omdat ek altyd wou doen wat ander doen. Dit het my BAIE ongelukkig gemaak en het kosbare tyd en wysheid by my gesteel. Nadat ek hierdie kursus gedoen het, het als sin gemaak en het dit gevoel of ek kan ontspan. Ek weet nou met sekerheid wat ek geroep is voor! Hierdie is suiwer Woord en baie wysheid word deur die Heilige Gees openbaar! Jy sal nie spyt wees nie.
Elmarie Booysen
04/07/24 05:17:23
Genadegawes Kursus. Uitstekende kursus! Sal dit weer en weer doen! Dankie Carin, ek weet met hierdie kursus gaan nog baie mense se lewens radikaal verander sodra hul weet wat hul roeping in die lewe is!
Danelle Pretorius
04/07/24 05:15:34
Baie dankie Carin dat jy God se wil en woord vir my lewe so mooi en onder die leiding van die Helige Gees kom oopbreek het. Ek is dankbaar dat ek kon deelhê aan hierdie briljante kursus, dit het my n totale nuwe uitkyk gegee en my weer opgewonde gemaak oor my lewe in Christus
Anna-Marie Pretorius
04/07/24 05:13:32
Net ń kort getuienis van my kant af. Ek beveel die Genadegawes analise en kursus absoluut vir enige iemand aan. Ek het die kursus verlede jaar gedoen. Toe ek klein was voor skool het ek altyd vir my poppe klas gegee. Toe gaan ek skool toe en word geboelie. Dit het my selfbeeld ń enorme knou gegee. Vir al die jare het die vyand vir my gelieg deur vir my te sê ek is nie goed genoeg nie, want hy het toe al reeds geweet waarvoor God my geroep het. Die Heilige Gees het in die kursus vir my oopgebreek wat die vyand se leuen al die jare was. Ek het belei en vergewe, sowel as myself omdat ek altyd gedink het ek is nie goed genoeg nie. God het my vrygemaak van die leuen en kan ek vandag staan in die purpose waarvoor Hy my geroep het, en is ek so opgewonde om dit te kan doen. Ek eer die Vader vir Sy goedheid en guns.Vir Hom is niks onmoontlik nie!
Alette Nepgen
04/07/24 05:09:06
'n Wonderlike geleentheid vir almal wat wonder en verlang na hul Godgewe-roeping. Deur Caren se leiding ontdek jy soveel van jouself. Die genadegawes openbaar soveel van jou menswees en dui aan hoe uniek God ons elk geskape het. So kan òns meer genadig wees teenoor ander mense en ons kan mekaar op alle vlakke aanvul om die Liggaam van Christus te teenwoordig.
Chantal Joubert
04/07/24 05:07:44
Hierdie is vir seker ń lewensveranderende kursus! Nie net is dit absoluut Woord gebasseer nie, maar Carin Myburgh van Trinity Truth Foundation is ń vrou met ń opregte Jesus-hart wat regtig daarna strewe dat elke mens sy/haar Godgegewe roeping sal begin uitleef... Deur my genadegawes te ontdek het daar soveel goed vir my sin begin maak en in my eie lewe in plek begin val. Ek sal elke mens wat kan, aanraai om nie hierdie geleentheid te mis nie! God het waarlik ń afspraak met jòu.
Ashley Wright
04/07/24 05:06:03
Ek het onlangs die Genadegawes kursus by die Trinity Truth Foundation voltooi, en dit was absoluut ongelooflik! Hierdie kursus het my diepgaande insigte gegee oor myself en oor hoe perfek die Here ons almal geskape het.
Deur hierdie kursus het ek geleer om met meer wysheid en begrip op te tree. Dit het my ook gehelp om te verstaan waarom mense sekere dinge doen en hoe om met deernis en insig daarop te reageer. Die wysheid en insig wat ek hier opgedoen het, is CRAZYYY.
Ek is 19 jaar oud en beveel hierdie kursus beslis aan vir enigiemand wat voel hulle dwaal of nie verstaan waarom hulle sekere gevoelens ervaar, sekere dinge altyd wil doen, of op sekere maniere optree nie. Jy sal definitief uitvind waarom, en besef dat dit vir die goeie is en nie sleg nie. Jy sal leer hoe om hierdie dinge op die manier van Jesus te doen.
Die kennis en geestelike groei wat ek ervaar het, het my lewe verander en ek is vol opgewondenheid oor wat die toekoms inhou. Hierdie kursus sal jou nie net toerus met die nodige wysheid en insig nie, maar jou ook inspireer om die genade en krag van Jesus in jou daaglikse lewe te ervaar.
Moet dit nie misloop nie – jy sal dankbaar wees vir die ongelooflike reis van ontdekking en groei wat voorlê!
Cecilia Pretorius
04/07/24 05:04:08
Ek kan met baie lof en dankbaarheid getuig dat hierdie platform van Trinity Truth Foundation die waarheid van Abba Vader deel. Die Genade Gawes kursus het vir my waarhede en kennis oop gemaak wat ek in my eie lewe en bediening kan gebruik. Was vir my 'n absolute wonderbaarlike geleentheid vir geestelike groei en wysheid en kennis openbaring. Nuwe geopende deure wat volg. Moenie uitmis op kennis nie
Dr Ivonne Annamarie Bergh
03/07/24 09:06:47
Ek het begin Bediening studeer en elke jaar wou ek net daai studies voltooi en die graad goed slaag. My doelwit was om na ek my kinders groot gemaak het te gaan studeer in bediening...ek het toe 7 jaar studeer en my PHD verwerf in berading en drie beradings boeke geskryf om beraders op te lei, maar ek het 'leeg' en 'onvoorbereid' vir die roeping gevoel. Ek het gesoek na vaste spys, iets wat my méér sal toerus. Ek het vir Carin ontdek van Trinity Truth Foundation en ek het die Genade Gawe kursus gedoen.­..­FINOMINAAL.­..­as iemand in die gemeenskap wat sopkombuise gehad het in bende areas ensovoorts het ek nooit besef wat my gawes is en hoe dit saamwerk, of hoe dit inwerking is in my lewe nie. Ek het gevoel ek begin altyd iets en dan 'gee ek op' dit was 'n leuen van die vyand. My gawes is, ' teacher, leader, giver' ek moes goed begin en aanbeweeg, het ek besef...ek is geroep om mense te leer hoe om sopkombuise te begin, hulle te lei om dit te doen en vir hulle als te gee om dit gedoen te kry en dan moet ek dit aan hulle oorlaat.( teach, lead and equip by giving to get them started) ..WOW en al die tyd dink ek, ek is 'n mislukking maar dis eintlik my roeping...en ek sou dit NOOIT besef het as ek nie die genade gawes gedoen het nie...hierdie kursus het my "BEVRY" van vals skuldgevoel en my toegerus om aan te hou doen wat ek doen....HIERDIE kursus is 'n MOET jy is dit aan jouself verskuldig om uit te vind wat jou gawes is en om te besef hoe hulle saam opereer tot eer van die Koninkryk...hierdie kursus is daai eending wat jy moet bereik in jou lewe....Seën jouself met hierdie kursusse...dis bevrydend en dit rus jou toe... dankie Carin Myburgh dat jy Dr Ivonne Annamarie Bergh kom toerus het deur die kursusse wat jy aanbied om tenvolle te kan funksioneer in die wêreld daar buite tot eer van Jesus Christus.
Madeleine Viljoen
15/11/23 13:24:08
Ek het die eerste keer my lewe vir die Here gegee toe ek 16 jaar oud was. Ek en my man het naby aan die Here geleef, kerk toe gegaan en ‘n selgroep gehad en ook ons kinders in die weë van die Here groot gemaak. Ons het saam as gesin die Here gedien. My man is in 2017 oorlede op die ouderdom van 49 en ons was 23 jaar getroud. Ek het nog steeds kerk toe gegaan, maar my verhouding met die Here het afgekoel, ek dink ek was kwaad vir die Here omdat hy my man op so ‘n jong ouderdom weggevat het.Gedurende die kursus het Carin Myburgh vir ons gesê ons moet luister as die Heilige Gees met ons praat en gereeld nagmaal gebruik. Ek het al baie nagmaal in my lewe gebruik, maar ek het altyd gedink dit is net nog ‘n ritueel wat ons doen omdat die Bybel dit vir ons sê. Met die kursus het ek besef dat ons die DNA van Jesus in ons inneem elke keer wat ons die brood en druiwesap inneem. Ek het besef dat ek baie vrese he tin my lewe. Ek het in die kursus geleer om die gees van vrees te bestraf in die naam van Jesus en Jesus toe te laat om my met sy Heilige Gees te vul. Nou los ek alles in die Here se hande. Hy het klaar jou lewenspad vir jou uitgelê, al wat Hy vra is dat jy gehoorsaam is en die pad stap wat Hy vir jou beplan het.Ek het verwerp gevoel deur mense en het vertroosting gesoek deur mense toe te laat om my te misbruik. Dit het veroorsaak dat ek in ‘n diepe depressie beland het.Carin het my gehelp om alles wat skeiding gemaak het tussen my en die Here, aan die lig te bring, dit te bely en verlossing daarvoor te kry. Die Here het my onder die wolk van depressie uit gevat en ek kan waarlik sê ek is vry van depressie. Ek het ook geleer om my vertroue in GOD te plaas en nie in mense plaas. Jesus is nou waarlik die middelpunt van my lewe.
Maatje Smith
06/11/23 11:03:52
Die diepte en verryking wat hierdie kursus bring in mens se lewe - in so kort tyd, is ondenkbaar.
Na die eerste les was ek bekommerd oor my Bybelkennis, dat meeste van die werk verlore sal gaan en ek die volle betekenis gaan mis. Carin het my gerus gestel dat ek die Heilige Gees moet kans gee om te werk te gaan en als sal kom. En so was dit. "To come into remembrance." Mens kan dit eintlik nie in woorde omsit nie, want dit is 'n ervaring te groot om te verduidelik. Dit was vir my soos 'n bloedrooi granaat wat oopbreek - waar jou hart se harde dop van jare se seerkry oopgebreek word. Ek het sekerlik nog baie werk om te doen, maar Carin het deur hierdie kursus vir my die regte leiding gegee om vrese, houvaste en vrae te oorkom. Ek verstaan baie dinge soveel beter. Met net daardie bietjie leiding het elke liewe hoofstuk in die Bybel dieper betekenis. Die Skrif is regtig LEWEND.
Ek staan elke dag in verwondering oor wat die Here vir ons doen en hoe Hy met elkeen praat, uniek, geduldig, met elke hart. My oë is oop en ek dank die Here vir hierdie wonderlike geleentheid.
Aletta Bethell
27/10/23 09:47:17
Kies die Lewe - My ontdekkings reis deur my eie verlede, pyn, hartseer, traumas, foute en terkortkominge, en my SONDES, en die uiteindelike vergifnis, vir myself en ander. n Reis wat die ongelooflike helende vernuwende Liefde van Pappa God die Vader se liefdes verbond deur die Bloed van Jesus ons Messias- vir ons die Ewige Lewe gee.
So baie hoor ek preke en teks verse van vergifnis en liefde en ewige lewe, maar die kragtige boodskap wat al hierdie bymekaar bring glip my oor-en-oor verby.
Met Kies die Lewe is ek stap vir stap gelei om deur al my wonde te werk, skoon te maak, gesond te maak, myself te vergeef, ander onvoorwaardelik te vergeef, SODAT ek God se vergifnis waardig kan wees en ontvang.
My 'EK' - Gees Siel en Liggaam maak nou sin en ek kan my daaglikse probleme met insig en begrip 'tackle' en oorkom. Ek voel nie meer oorweldig nie. ek is nie meer verbitterd nie. My hartseer is nou nederige jubelende dankbaarheid. Ek is nuutgemaak deur die Duur bloed van my Verlosser Jesus Christus!
EK is deel van God se koningkryk as sy Kind
EK is n mede-erfgenaam saam met Jesus Christus.
God se DNS is deel van MY.
Na Kies die Lewe kan ek getuig: Ek is LIEF vir God die Vader, God die Seun en God die Hielige Gees met my hele hart siel en gees!
Veronica Van der Westhuizen
24/10/23 15:30:57
Die genadegawes het my werklik gehelp om sekere talente en gawes wat ek eintlik geweet het ek het maar in getwyfel het, te bevestig. Ek is nou seker oor wie en wat ek is. Carin het regtig met die grootste toewyding my bygestaan om dit beter te verstaan. Ek is nou super opgewonde om die spesiale ek uit te leef.
Lesly Wright
11/10/23 13:19:49
Wat 'n amazing kursus.
Trauma op trauma, vrese en depressie – Dit was my verlede.
Ek kan net uiteindelik se, ek het geleer om agter die Here weg te kruip. Hy is my alles, my Alfa en Omega my rots en met die kursus het ek ervaar die Here beweeg voor my weg. Ek moes my verlede vierkantig in die oë kyk. Vir die eerste keer het ek dieper beweeg, my regte gevoelens en emosies ervaar, seer gekry en baie gehuil. Een oggend in my stiltetyd, terwyl ek kla by die Here, toe ervaar ek hoe die Here vir my sê...KIES.....Ek was stomgeslaan..KIES...WIL JY VIR DIE RES VAN JOU LEWE OOK IN DIE DOOD VAN JOU VERLEDE LEEF OF KIES JY OM TE LEWE? VOORENTOE TE KYK EN LEWE IN DIE LIG? Net daar het ek besef, my lewe het voortgegaan, maar my denke en wese het in my verlede gebly. Die kursus het my gewys wat die volmaakte liefde en genade van die Here is. Hy soek geen perfeksie nie, net jou gewilige hart. Die kursus is soos kerk,maar nie hoe die wêreld kerk uitbeeld en doen nie , ek het ervaar hoe mense vir my gebid het in my afwesigheid. Die ondersteuning van Carin Myburgh , en hoe sy presies dieselfde na my kyk as persoon. Selfs na al die donkerste teleurstellings en hartseer met haar bespreek was en hoe ek as mens weer vertroue kon plaas in iemand wat my nie veroordeel oor wie ek is of was nie. Ek het besef die Here het sy eie spesiale manier om elkeen aan te raak, maak nie saak hoe gebroke of stukkend mens is nie, hy ken ons elkeen intiem. Awesome kursus, ek sal dit regtig vir enigiemand aanbeveel.
Madeleen Daniel
12/09/23 10:21:14
Toe ek die Kies die lewe kursus begin doen het, het ek pas deur ’n traumatiese ervaring gegaan en net daarna het ek, my man en my dogtertjie van drie jaar na Saudi Arabia getrek.
Dit was letterlik, figuurlik en geestelik ’n woestyn-tydperk gewees, maar God het juis die Israeliete deur die woestyn gelei om van “Egipte se maniere” ontslae te raak. Dit is presies wat met my tydens die Kies die lewe kursus gebeur het.
Ek het geleer hoe ek daagliks kan nagmaal gebruik en innerlik hernu word.
Ek het geleer hoe ek daagliks kan nagmaal gebruik en innerlik hernu word deur Sy bloed en hoe ek deur Jesus se wonde genees is. Deur Sy bloed, het Hy my bloedlyn kom verander.
Ek het nooit besef hoeveel vrees ek in my lewe saam gedra het en dit as “normaal” aanvaar het. Ek het geleer hoe God se Gees nie in Sy volheid, saam met my kan wandel wanneer ek in konstante vrees lewe nie. Dit was so met Adam en Eva ook, want toe hulle die verbode vrug geëet het en God hulle roep, het hulle geantwoord: “Ons kruip weg, want ons is bang.”
Ek het altyd gevoel dat ek “hang-ups” het, maar nie geweet hoekom of hoe om dit deur te werk nie. Hier kon ek met dit klaarmaak en waarlik vry kom.
Ek het besef hoeveel simptome ek van depressie met my saamdra. Ek kon in hierdie hoofstuk saam met Carin die oop deure toemaak en vry word.
Toe ons geleer het dat die vyand oorwin is, het ek nogal ’n intense ervaring gehad. Ek het die een aand gedroom dat swart bloed uit my mond uitloop. Ek het wakker geword en ek het hierdie aaklige gevoel gehad. Ek het deur die dag gegaan en gaan werk. Toe ek by die huis kom, was die gevoel verskriklik oorweldigend gewees. Die enigste manier hoe ek dit kan beskryf is ’n “doodsgevoel”. Ek het begin bid en praise en worship en gevra vir vergifnis waar ek deure oopgemaak het en nagmaak gehou. Die gevoel het begin lig en ek is vry gemaak!
Ek is baie dankbaar vir die Kies die lewe kursus en vir Carin want ek het in die woestyn van “Egipte-se-maniere” skoon geword en geleer hoe om dit voortdurend te doen.
Show: 5  10   20

Video Getuienisse ...

Getuienis: Kies die Lewe - Aletta Bethell

Getuienis: Kies die Lewe (Vrees) - Ivonne Bergh

Getuienis: Kies die Lewe (Vrees) - Nadine Thompson

Getuienis: Kies die Lewe - Francois Terblanche

Getuienis: Kies die Lewe (Vrees) - Patricia Viljoen

Getuienis: Kies die Lewe (Depressie) - Patricia Viljoen




Read more about Trinity Truth's products and services. Click on the banner of your choice for more information.

Lees meer oor Trinity Truth se produkte en dienste. Klik op die banier van jou keuse vir meer inligting.