Getuienisse • Testimonials

Ons moedig jou aan om jou getuienis te deel oor hoe Trinity Truth Foundation jou lewe beïnvloed het. Jou storie is dalk net wat iemand anders moet hoor om hoop, bemoediging of selfs redding te vind. Deur ons geloof en genesingspad, en deur hierdie getuigskrifte te deel, kan ons ander inspireer op hul eie reise van transformasie.


Neem 'n oomblik om deur die getuienisse wat deur ander gedeel is hier onder te lees. Laat hulle woorde dien as 'n herinnering dat ons nie alleen is in ons stryd of triomf nie. Saam kan ons God se goedheid vier en Sy waarheid met die wêreld deel.


Mag jou getuienis 'n baken van lig wees vir diegene wat dit die nodigste het.


Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene nie, maar ly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God. ~ 2 Timoteus 1:8


En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. ~ Openbaring 12:11

We encourage you to share your testimony about how Trinity Truth Foundation has impacted your life. Your story may be just what someone else needs to hear in order to find hope, encouragement, or even salvation. By sharing our faith and story of healing through these testimonials, we can inspire others on their own journeys of transformation.


Take a moment to read through the testimonies shared by others below. Let their words serve as a reminder that we are not alone in our struggles or triumphs. Together, we can celebrate God's goodness and share His truth with the world.


May your testimony be a beacon of light for those who need it most.


So never be ashamed of the testimony of our Lord, nor be embarrassed over my imprisonment, but overcome every evil by the revelation of the power of God! ~ 2 Timothy 1:8


And they overcame and conquered him because of the blood of the Lamb and because of the word of their testimony, for they did not love their life and renounce their faith even when faced with death. ~ Revelations 12:11

Deel jou storie ...

41 entries on 9 pages
Loure Bosch
29/05/25 07:21:11
N kursus wat absoluut die moeite werd is om te doen.
Ons almal dra seer en onverwerkte trauma saam ons, maar ek dink nie ons besef werklik hoeveel ons daarvan saam dra tensy ons so kursus aanpak nie.
Ek is nou halfpad met myne, en al wat ek kan sê is "what a journey".
Ek is nie n oomblik spyt ek het dit begin nie, en sien so uit daarna om hier uit te stap, gesond.
Ek het nog altyd gedink meeste van my trauma en hartseer kom van twee spesifieke gebeurtenise in my lewe, maar met elke sessie krap Caren so bietjie dieper en wys die Heilige Gees nog bietjie meer areas wat jy aan moet werk.
Sluit aan by die kursus, as jy voel jy het n "ou ietsie" wat jy nog nie verwerk het nie, glo my, die Gees gaan vir jou baie meer gee.
Jy dink jy werk net aan trauma, maar eindig op om soveel ander emosies en gevoelens gesond te maak.
As ouer, help die kursus jou ook en sien jy nou dinge anders en hoe jou optrede teenoor jou kinders ook soms verander moet word.
Nie net werk ek aan n gesonder ek deur die kursus nie, maar ook aan n gesonder mamma weergawe.
Die kursus is elke emosie, elke sessie, en elke sent werd!
Suzaan Van Zyl
14/01/25 18:38:18
Ek is baie dankbaar, dat ek die Innerlike Genesings Kursus kon doen. Dit het regtig my lewe verander, en groot deels my gehelp om deur my vrese te werk en dit aan te vat met die Here se krag. Die Here het my hand gevat in kursus en ons het saam deur baie hartseer gewerk, ek voel vernuwe in myself, en het weer hoop! Dankie Carin vir die ongelooflike leading wat jy vir ons gegee het deur die kursus ek beveel dit regtig aan.
Marissa Griesel
12/01/25 19:48:43
Die innerlike genesings kursus was 'n fantastiese ervaring. Ek het so baie geleer oor myself en oor genesing. Elke sessie was die beginpunt van selfo dersoek wat gelei het tot genesing saam met God.

Waarlik die beste besluit wat ek nog geneem het!
Fransie vd Westhuizen
14/11/24 15:53:22
In elkeen van ons is die Genadegawes ingeweef, maar min van ons besef werklik wat dit is of hoe om dit werklik uit te leef soos God bepaal het. Die vyand het ons oor die jare so mislei en so bly ons soekend na ons roeping. Hierdie Woordgebaseerde kursus, het my baie oor myself geleer, ñ dieper insig, persoonlike geestelike groei en nuwe openbaringe gegee om in my roeping te begin opstaan, dit uit te leef in Jesus Christus en so ook my medemens beter te dien en te verstaan.
Elke persoon kan in vele opsigte baat vind by hierdie kursus.
Baie dankie Carin en Francois. Julle is ñ puik span.
Martie Van Dam
14/11/24 13:44:32
Ek is rêgtig baie dankbaar dat ek die Genadegawes kursus gedoen het. Carin het die vermoë om op persoonlike vlak haar 'kursusganger' in te trek en, gehoorsaam aan die HG, die gawes op 'n unieke wyse aan die persoon oor te dra. Ek het elke woord aanvaar, as vanaf ons Here, wat vrymakend en helend is. Ek geniet nou 'n dieper verhouding met God, en vanuit hierdie plek het ek die moed gehad om my getuienis met ons bybelstudiegroep te deel. Die genadegawes kursus het dit wat reeds deel van my was, bevestig. My getuienis is nou 'n seëning vir my persoonlik en motiveer ander om ook vrymoedigheid te hê om vrylik te deel en ons Heer al die eer te gee. Dankie Carin!
Show: 5  10   20

Video Getuienisse ...

Getuienis: Kies die Lewe - Aletta Bethell

Getuienis: Kies die Lewe (Vrees) - Ivonne Bergh

Getuienis: Kies die Lewe (Vrees) - Nadine Thompson

Getuienis: Kies die Lewe - Francois Terblanche

Getuienis: Kies die Lewe (Vrees) - Patricia Viljoen

Getuienis: Kies die Lewe (Depressie) - Patricia Viljoen




Read more about Trinity Truth's products and services. Click on the banner of your choice for more information.

Lees meer oor Trinity Truth se produkte en dienste. Klik op die banier van jou keuse vir meer inligting.