Getuienisse

Ons moedig jou aan om jou getuienis te deel oor hoe Trinity Truth Foundation jou lewe beïnvloed het. Jou storie is dalk net wat iemand anders moet hoor om hoop, bemoediging of selfs redding te vind. Deur ons geloof en genesingspad, en deur hierdie getuigskrifte te deel, kan ons ander inspireer op hul eie reise van transformasie.


Neem 'n oomblik om deur die getuienisse wat deur ander gedeel is hier onder te lees. Laat hulle woorde dien as 'n herinnering dat ons nie alleen is in ons stryd of triomf nie. Saam kan ons God se goedheid vier en Sy waarheid met die wêreld deel. Mag jou getuienis 'n baken van lig wees vir diegene wat dit die nodigste het.


Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene nie, maar ly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God. ~ 2 Timoteus 1:8


En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. ~ Openbaring 12:11


Deel jou storie ...

45 entries on 9 pages
Loubeth Piek
21/11/25 11:19:29
Ek het Kies die Lewe kursus gedoen. Tydens hierdie kursus het ek besef ek het soveel te kort geskiet en ek moet myself ondersoek. Ek het my foute erken en bely. Kies die lewe het my lewe verander. Ek het aangegaan en ingeskryf vir Wees Lig kursus. Die Here het met my gepraat om ander mense by te staan en te help. Met die leiding van die Heilige Gees sal my liggie skyn vir ander mense om te sien, om te wil verander.
As Verpleegkundige in n gemeenskaps kliniek sien ek baie stukkende mense. My hart gaan uit na hulle. Ek voel dat elke persoon met pyn op een of ander manier sit. Geestelike pyn of fisiese pyn of n slegte gewoonte aangeleer het om van pyn te ontvlug. Almal het verlossing nodig. Wees Lig kursus is die beste Bybel gesentreerde kursus ook Kies die Lewe om self ondersoek in te stel en geneesing en verlossing te ontvang. Probeer gerus.
Jolene Wessels
01/11/25 22:03:05
Ek moet getuig die berading kursus KIES DIE LEWE het my, my lewe en siens wyse so baie verander.
Het al so baie gebid vir genesing, maar dis as of iets my altyd geblok het. Met hierdie Kies Die Lewe kursus het ek so baie geleer en van so baie dinge bevryding gekry. Ek voel waarlik vry ek voel ek het weer n doel.
Ek is so so dankbaar die Here het Carin en die kursus my pad langs gestuur. Wat n blessing!
Joeye Robinson
29/10/25 10:31:35
Kies die Lewe, 'n innerlike genesings kursus en Wees Lig, aangebied deur Carin van Trinity Truth foudation is Woord gebaseerde kursusse. Dit het my geneem op n reis van innerlike genesing tot by die punt waar ek gesond kon word en ander se seer kon raaksien om weer ander te help om gesond te word. Hierdie is nie " quick fix" kursusse nie. Deur leiding van Heilige Gees kon ek vrykom van gevoelens van haat wat so diep gewortel was en wat ek nie eers besef het daar was nie, die seer is oopgevlek, die wortel van my seer is bepaal, ek kon vergewe en gesond word.
Liewe seer en siels moeë mens, soek hulp, kom vry, KIES LEWE EN NIE DOOD, SEËN EN NIE VLOEK.
Louise Engelbrecht
07/10/25 18:10:48
Kies die Lewe kursus het my lewe ten goede verander op verskeie vlakke. Ver bo dit wat ek ooit kon voor bid of dink.
Aan die einde van 2023 is ek in die hospitaal opgeneem en was totaal uitgebrand. Hier was ek, as ñ dosent en bedryfsielkundige op ñ plek waar ek nooit ooit kon dink ek sou wees nie. Die verskriklikste pille, wat ek kon voel steel my identiteit op so manier dat ek nie kon werk, dink, skryf of selfs bid nie. Na my onstlag uit die hospitaal kon ek nie verder die pille drink nie. Intussen is my pa wat vir ñ baie lang tyd siek was oorlede. Op ñ manier bestuur God dit so dat ek die Kies die lewe advertensie op Facebook sien en ek skryf in. Intussen sien ek die Psigiater wat my opgeneem het, en ek sal nooit sy antwoord vergeet toe ek vra "Wat het my in die hospitaal laat beland?
Ek weet nie, Louise, sal ons ooit weet?
Kies die Lewe kursus het my die antwoord deur die Heilige Gees gegee. Vrees vir die sterfteproses. Skielik het als sin gemaak. My pa was so, siek, ek was so bang hy gaan dood. Dis dit. Daarna kon ek vrede maak, en die leuen van vrees weerstaan, en glo dat God ons nie ñ gees van vreesagtigheid gegee het nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. Wat nog meer ongelooflik is, is dat ek ingeskryf het vir die Wees Lig kursus, en God het my as instrument gebruik om sterwensbegeleiding te kon doen in die hospitaal by my tannie se sterfbed. Dit wat die vyand wou gebruik het om te verwoes, het Jesus gebruik deur die Heilige Gees om my te kom genees en so ook ander te kon bemoedig.
Loure Bosch
29/05/25 07:21:11
N kursus wat absoluut die moeite werd is om te doen.
Ons almal dra seer en onverwerkte trauma saam ons, maar ek dink nie ons besef werklik hoeveel ons daarvan saam dra tensy ons so kursus aanpak nie.
Ek is nou halfpad met myne, en al wat ek kan sê is "what a journey".
Ek is nie n oomblik spyt ek het dit begin nie, en sien so uit daarna om hier uit te stap, gesond.
Ek het nog altyd gedink meeste van my trauma en hartseer kom van twee spesifieke gebeurtenise in my lewe, maar met elke sessie krap Caren so bietjie dieper en wys die Heilige Gees nog bietjie meer areas wat jy aan moet werk.
Sluit aan by die kursus, as jy voel jy het n "ou ietsie" wat jy nog nie verwerk het nie, glo my, die Gees gaan vir jou baie meer gee.
Jy dink jy werk net aan trauma, maar eindig op om soveel ander emosies en gevoelens gesond te maak.
As ouer, help die kursus jou ook en sien jy nou dinge anders en hoe jou optrede teenoor jou kinders ook soms verander moet word.
Nie net werk ek aan n gesonder ek deur die kursus nie, maar ook aan n gesonder mamma weergawe.
Die kursus is elke emosie, elke sessie, en elke sent werd!
Show: 5  10   20

Video Getuienisse

Getuienis: Louré Bosch (Kies die Lewe)

Getuienis: Simoné Funchal (Kies die Lewe)

Getuienis: Chantal Malan (Kies die Lewe)

Getuienis: Estie Strydom (Kies die Lewe)

Getuienis: Kies die Lewe - Aletta Bethell

Getuienis: Kies die Lewe (Vrees) - Ivonne Bergh

Getuienis: Kies die Lewe (Vrees) - Nadine Thompson

Getuienis: Kies die Lewe - Francois Terblanche

Getuienis: Kies die Lewe (Vrees) - Patricia Viljoen

Getuienis: Kies die Lewe (Depressie) - Patricia Viljoen