Getuienisse
Ons moedig jou aan om jou getuienis te deel oor hoe Trinity Truth Foundation jou lewe beïnvloed het. Jou storie is dalk net wat iemand anders moet hoor om hoop, bemoediging of selfs redding te vind. Deur ons geloof en genesingspad, en deur hierdie getuigskrifte te deel, kan ons ander inspireer op hul eie reise van transformasie.
Neem 'n oomblik om deur die getuienisse wat deur ander gedeel is hier onder te lees. Laat hulle woorde dien as 'n herinnering dat ons nie alleen is in ons stryd of triomf nie. Saam kan ons God se goedheid vier en Sy waarheid met die wêreld deel. Mag jou getuienis 'n baken van lig wees vir diegene wat dit die nodigste het.
Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene nie, maar ly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God. ~ 2 Timoteus 1:8
En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. ~ Openbaring 12:11
New entry
Deel jou storie ...
Na die eerste les was ek bekommerd oor my Bybelkennis, dat meeste van die werk verlore sal gaan en ek die volle betekenis gaan mis. Carin het my gerus gestel dat ek die Heilige Gees moet kans gee om te werk te gaan en als sal kom. En so was dit. "To come into remembrance." Mens kan dit eintlik nie in woorde omsit nie, want dit is 'n ervaring te groot om te verduidelik. Dit was vir my soos 'n bloedrooi granaat wat oopbreek - waar jou hart se harde dop van jare se seerkry oopgebreek word. Ek het sekerlik nog baie werk om te doen, maar Carin het deur hierdie kursus vir my die regte leiding gegee om vrese, houvaste en vrae te oorkom. Ek verstaan baie dinge soveel beter. Met net daardie bietjie leiding het elke liewe hoofstuk in die Bybel dieper betekenis. Die Skrif is regtig LEWEND.
Ek staan elke dag in verwondering oor wat die Here vir ons doen en hoe Hy met elkeen praat, uniek, geduldig, met elke hart. My oë is oop en ek dank die Here vir hierdie wonderlike geleentheid.
So baie hoor ek preke en teks verse van vergifnis en liefde en ewige lewe, maar die kragtige boodskap wat al hierdie bymekaar bring glip my oor-en-oor verby.
Met Kies die Lewe is ek stap vir stap gelei om deur al my wonde te werk, skoon te maak, gesond te maak, myself te vergeef, ander onvoorwaardelik te vergeef, SODAT ek God se vergifnis waardig kan wees en ontvang.
My 'EK' - Gees Siel en Liggaam maak nou sin en ek kan my daaglikse probleme met insig en begrip 'tackle' en oorkom. Ek voel nie meer oorweldig nie. ek is nie meer verbitterd nie. My hartseer is nou nederige jubelende dankbaarheid. Ek is nuutgemaak deur die Duur bloed van my Verlosser Jesus Christus!
EK is deel van God se koningkryk as sy Kind
EK is n mede-erfgenaam saam met Jesus Christus.
God se DNS is deel van MY.
Na Kies die Lewe kan ek getuig: Ek is LIEF vir God die Vader, God die Seun en God die Hielige Gees met my hele hart siel en gees!
Trauma op trauma, vrese en depressie – Dit was my verlede.
Ek kan net uiteindelik se, ek het geleer om agter die Here weg te kruip. Hy is my alles, my Alfa en Omega my rots en met die kursus het ek ervaar die Here beweeg voor my weg. Ek moes my verlede vierkantig in die oë kyk. Vir die eerste keer het ek dieper beweeg, my regte gevoelens en emosies ervaar, seer gekry en baie gehuil. Een oggend in my stiltetyd, terwyl ek kla by die Here, toe ervaar ek hoe die Here vir my sê...KIES.....Ek was stomgeslaan..KIES...WIL JY VIR DIE RES VAN JOU LEWE OOK IN DIE DOOD VAN JOU VERLEDE LEEF OF KIES JY OM TE LEWE? VOORENTOE TE KYK EN LEWE IN DIE LIG? Net daar het ek besef, my lewe het voortgegaan, maar my denke en wese het in my verlede gebly. Die kursus het my gewys wat die volmaakte liefde en genade van die Here is. Hy soek geen perfeksie nie, net jou gewilige hart. Die kursus is soos kerk,maar nie hoe die wêreld kerk uitbeeld en doen nie , ek het ervaar hoe mense vir my gebid het in my afwesigheid. Die ondersteuning van Carin Myburgh , en hoe sy presies dieselfde na my kyk as persoon. Selfs na al die donkerste teleurstellings en hartseer met haar bespreek was en hoe ek as mens weer vertroue kon plaas in iemand wat my nie veroordeel oor wie ek is of was nie. Ek het besef die Here het sy eie spesiale manier om elkeen aan te raak, maak nie saak hoe gebroke of stukkend mens is nie, hy ken ons elkeen intiem. Awesome kursus, ek sal dit regtig vir enigiemand aanbeveel.
Dit was letterlik, figuurlik en geestelik ’n woestyn-tydperk gewees, maar God het juis die Israeliete deur die woestyn gelei om van “Egipte se maniere” ontslae te raak. Dit is presies wat met my tydens die Kies die lewe kursus gebeur het.
Ek het geleer hoe ek daagliks kan nagmaal gebruik en innerlik hernu word.
Ek het geleer hoe ek daagliks kan nagmaal gebruik en innerlik hernu word deur Sy bloed en hoe ek deur Jesus se wonde genees is. Deur Sy bloed, het Hy my bloedlyn kom verander.
Ek het nooit besef hoeveel vrees ek in my lewe saam gedra het en dit as “normaal” aanvaar het. Ek het geleer hoe God se Gees nie in Sy volheid, saam met my kan wandel wanneer ek in konstante vrees lewe nie. Dit was so met Adam en Eva ook, want toe hulle die verbode vrug geëet het en God hulle roep, het hulle geantwoord: “Ons kruip weg, want ons is bang.”
Ek het altyd gevoel dat ek “hang-ups” het, maar nie geweet hoekom of hoe om dit deur te werk nie. Hier kon ek met dit klaarmaak en waarlik vry kom.
Ek het besef hoeveel simptome ek van depressie met my saamdra. Ek kon in hierdie hoofstuk saam met Carin die oop deure toemaak en vry word.
Toe ons geleer het dat die vyand oorwin is, het ek nogal ’n intense ervaring gehad. Ek het die een aand gedroom dat swart bloed uit my mond uitloop. Ek het wakker geword en ek het hierdie aaklige gevoel gehad. Ek het deur die dag gegaan en gaan werk. Toe ek by die huis kom, was die gevoel verskriklik oorweldigend gewees. Die enigste manier hoe ek dit kan beskryf is ’n “doodsgevoel”. Ek het begin bid en praise en worship en gevra vir vergifnis waar ek deure oopgemaak het en nagmaak gehou. Die gevoel het begin lig en ek is vry gemaak!
Ek is baie dankbaar vir die Kies die lewe kursus en vir Carin want ek het in die woestyn van “Egipte-se-maniere” skoon geword en geleer hoe om dit voortdurend te doen.
Vir baie jare vra ek Die Here wat is Sy doel nou eindelik met my lewe is, Waar wil Hy my gebruik, Here wat kan ek vir U doen? Dan kyk ek om my en sien soveel seer in mense en veral kinders en dan is daar hierdie begeerte in my om hulle net te help deur hierdie seer in hul lewe. Ek sien die kursus oor die berading en WEET dat dit is wat ek moet doen om so ander te kan help. Min het ek geweet wat wag vir my …………… soveel seer in myself wat ek nooit besef het nie ……………….. en dankie Abba Vader dat U my daardeur gedra het. Ek is deur die Innerlike Genesing kursus en nou eers kan Vader my begin gebruik. Baie dankie Carin van Trinity Truth vir jou gehoorsaamheid aan Vader om ons deur hierdie pad te lei.
Vanaand help Carin my deur die Gees om my Genadegawes te ontdek = wat n ontdekking! Vir my was dit ʼn ongelooflike emosionele ervaring om gekonfronteer te word met al die hemelse geskenke waarmee die Here my geseën het. Ek kan nie wag om te sien / leer wat Vader nog vir my gaan wys nie.
- All the Glory to God*
DANKIE VIR JULLE GEHOORSAAMHEID AAN GOD EN DAT JULLE ONS KOM LEER OM IN ONS PURPOSE IN TE GAAN MET ONS GENADE GAWES. AS EK NIE DIE KURSES GEDOEN HET NIE, HET EK MY DOEL GEMIS WAT GOD WERKLIK VIR MY BEPLAN HET VOOR DIE GRONDLEGGING VAN DIE AARDE. EK IS DANKBAAR TEENOOR GOD DAT HY JULLE OP MY PAD GESTUUR HET.
BLESSING VIR JULLE ALTWEE, CARIN MAG GOD JOU BEDIENING SEEN EN UITBREI TOT DIE UITHOEKE VAN DIE AARDE!
Ek wil ook net spesiaal dankie se vir jou Francois en Carin dat julle die nagmaal so spesiaal gemaak het en dat ek met elke nagmaal geeindig het met trane in my oe van die tasbare teenwoordigheid van God. Ek gaan dit baie mis as ons klaar maak! Dankie dat die oomblik as ek die Zoom oopmaak ek Die Here by my kan voel en Sy liefde so tasbaar kan ervaar.
LIEFDE
LIENTJIE
Baie dankie. Ek sal julle wyd en ver aanmoedig en verkoop want ek glo dat hierdie uit die hart van God gebore is
Ek dink so terug aan die Woorde van ons Hemelse Vader in Hosea 4:6 waar Hy se, "My volk gaan tengronde weens 'n gebrek aan kennis." Ons identiteit in Christus is een van die belangrikste aspekte van ons (ware)menswordings reis hier op aarde, tot en met ons nie ons identiteit in die Seun van God gevind het nie, kan ons ook nie die roeping wat oor ons lewens uitgespreek is (Ef.1:11-12) uitleef en so die Koninkryk van God op aarde bou en Sy Naam verheerlik nie. Dit was dus vir my die grootste voorreg, en een van die mees verrykende kursusse wat ek al aan deelgeneem het. Ek is dankbaar aan Carin en Francois wat my gehelp het om die 'ware' Kaydee in Christus te ontdek, en vir die profetiese Woord wat as geskenk deur die Heilige Gees aan my gegee was.
Ek sal hierdie kurses aanbeveel vir enige iemand wat dieper in hul identiteit en verhouding met Christus wil groei!
Hierdie kurses is 'n moet vir elkeen wat weier om hulle talente te begrawe maar om eerder daarmee te woeker sodat die koninkryk van God sowel as die liggaam van Christus tot volkome volwassenheid kan groei.
Dankie Carin en Francois vir die verryking in my lewe. Waardeer julle tyd enenergie wat in hierdie kurses gesit is. Be blessed
My persoonlike self-ontdekking waar ek meer van myself geleer het en hoekom ek optree en dink soos ek doen. Waar ek bewus geword het dat al het ek goeie intensies dat sommige kere daar terleurstelling kom wat ek het in eie wil en nie God se wil; en nie in regte genade gawe gehandel nie. Die wonderlike verlossing wat vergifnis aan myself en belangrikste van God my bring. Ek sal defnitief Grace Gifts Level 1 &2 aanbeveel in enige geestelike seisoen. Doen jouself die guns en neem deel aan die reis.
Dis hoendervleis inligting.
Ek kannie wag vir meer nie.
Carin, jy doen amazing werk! ♥️
Dit is absoluut amazing! God het vir ons so baie goeie gawes in stoor!
Dankie Vader dat U ons toerus met hierdie gawes sodat ons ander kan bedien.
My sterkste kleur was pers en dit simboliseer die hart as deel van die Liggaam. Ek bid dat Vader my hart so sal verander dat ek meer en meer ander mense sal wil help.
Die kleur is ook die naaste aan die hemel wat verklaar hoekom dit vir my maklik is om in die teenwoordiging van God te kom.
Ek verstaan ook nou dat dit die waarheid is dat ek die geestelike atmosfeer verander, waar ek ookal gaan. Dankie Vader daarvoor...
Ek bid dat Vader my soos klei sal vorm om meer en meer te wees, soos Hy my wil hê.
My hele wese roep uit:
"Only Jesus" !!!!!!
Alle eer aan Hom!!
Dankie Carin.
My leuse: Christus in my vir jou
Video Getuienisse
Getuienis: Louré Bosch (Kies die Lewe) | Getuienis: Simoné Funchal (Kies die Lewe) |
Getuienis: Chantal Malan (Kies die Lewe) | Getuienis: Estie Strydom (Kies die Lewe) |
Getuienis: Kies die Lewe - Aletta Bethell | Getuienis: Kies die Lewe (Vrees) - Ivonne Bergh |
Getuienis: Kies die Lewe (Vrees) - Nadine Thompson | Getuienis: Kies die Lewe - Francois Terblanche |
Getuienis: Kies die Lewe (Vrees) - Patricia Viljoen | Getuienis: Kies die Lewe (Depressie) - Patricia Viljoen |