Getuienisse • Testimonials

Ons moedig jou aan om jou getuienis te deel oor hoe Trinity Truth Foundation jou lewe beïnvloed het. Jou storie is dalk net wat iemand anders moet hoor om hoop, bemoediging of selfs redding te vind. Deur ons geloof en genesingspad, en deur hierdie getuigskrifte te deel, kan ons ander inspireer op hul eie reise van transformasie.


Neem 'n oomblik om deur die getuienisse wat deur ander gedeel is hier onder te lees. Laat hulle woorde dien as 'n herinnering dat ons nie alleen is in ons stryd of triomf nie. Saam kan ons God se goedheid vier en Sy waarheid met die wêreld deel.


Mag jou getuienis 'n baken van lig wees vir diegene wat dit die nodigste het.


Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene nie, maar ly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God. ~ 2 Timoteus 1:8


En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. ~ Openbaring 12:11

We encourage you to share your testimony about how Trinity Truth Foundation has impacted your life. Your story may be just what someone else needs to hear in order to find hope, encouragement, or even salvation. By sharing our faith and story of healing through these testimonials, we can inspire others on their own journeys of transformation.


Take a moment to read through the testimonies shared by others below. Let their words serve as a reminder that we are not alone in our struggles or triumphs. Together, we can celebrate God's goodness and share His truth with the world.


May your testimony be a beacon of light for those who need it most.


So never be ashamed of the testimony of our Lord, nor be embarrassed over my imprisonment, but overcome every evil by the revelation of the power of God! ~ 2 Timothy 1:8


And they overcame and conquered him because of the blood of the Lamb and because of the word of their testimony, for they did not love their life and renounce their faith even when faced with death. ~ Revelations 12:11

Deel jou storie ...

41 entries on 5 pages
Madeleen Daniel
12/09/23 10:21:14
Toe ek die Kies die lewe kursus begin doen het, het ek pas deur ’n traumatiese ervaring gegaan en net daarna het ek, my man en my dogtertjie van drie jaar na Saudi Arabia getrek.
Dit was letterlik, figuurlik en geestelik ’n woestyn-tydperk gewees, maar God het juis die Israeliete deur die woestyn gelei om van “Egipte se maniere” ontslae te raak. Dit is presies wat met my tydens die Kies die lewe kursus gebeur het.
Ek het geleer hoe ek daagliks kan nagmaal gebruik en innerlik hernu word.
Ek het geleer hoe ek daagliks kan nagmaal gebruik en innerlik hernu word deur Sy bloed en hoe ek deur Jesus se wonde genees is. Deur Sy bloed, het Hy my bloedlyn kom verander.
Ek het nooit besef hoeveel vrees ek in my lewe saam gedra het en dit as “normaal” aanvaar het. Ek het geleer hoe God se Gees nie in Sy volheid, saam met my kan wandel wanneer ek in konstante vrees lewe nie. Dit was so met Adam en Eva ook, want toe hulle die verbode vrug geëet het en God hulle roep, het hulle geantwoord: “Ons kruip weg, want ons is bang.”
Ek het altyd gevoel dat ek “hang-ups” het, maar nie geweet hoekom of hoe om dit deur te werk nie. Hier kon ek met dit klaarmaak en waarlik vry kom.
Ek het besef hoeveel simptome ek van depressie met my saamdra. Ek kon in hierdie hoofstuk saam met Carin die oop deure toemaak en vry word.
Toe ons geleer het dat die vyand oorwin is, het ek nogal ’n intense ervaring gehad. Ek het die een aand gedroom dat swart bloed uit my mond uitloop. Ek het wakker geword en ek het hierdie aaklige gevoel gehad. Ek het deur die dag gegaan en gaan werk. Toe ek by die huis kom, was die gevoel verskriklik oorweldigend gewees. Die enigste manier hoe ek dit kan beskryf is ’n “doodsgevoel”. Ek het begin bid en praise en worship en gevra vir vergifnis waar ek deure oopgemaak het en nagmaak gehou. Die gevoel het begin lig en ek is vry gemaak!
Ek is baie dankbaar vir die Kies die lewe kursus en vir Carin want ek het in die woestyn van “Egipte-se-maniere” skoon geword en geleer hoe om dit voortdurend te doen.
Joeye Robinson
06/09/23 12:12:08
Al die eer aan ons Koning Jesus wat saam met my gestap het tot voor Abba se troon. Om vir my te gee dit waarvoor Hy my geskape het, sodat ek mag leef die boek geskryf oor my lewe. Ek het nooit sekerheid gehad waar ek werklik inpas in die liggaam van Christus, Ontdek jou Genadegawes het my my lewenspad laat verstaan en nou weet ek presies waar ek inpas, elke kind van Abba Vader moet hierdie kursus doen, dit bring bevestiging, versekering en Jesus maak jou vry. Baie dankie vir jul gehoorsaamheid
Ria Olivier
22/12/22 20:06:47
Ek kan net vanaand se: Wow Abba Vader, wat ‘n reis sover!
Vir baie jare vra ek Die Here wat is Sy doel nou eindelik met my lewe is, Waar wil Hy my gebruik, Here wat kan ek vir U doen? Dan kyk ek om my en sien soveel seer in mense en veral kinders en dan is daar hierdie begeerte in my om hulle net te help deur hierdie seer in hul lewe. Ek sien die kursus oor die berading en WEET dat dit is wat ek moet doen om so ander te kan help. Min het ek geweet wat wag vir my …………… soveel seer in myself wat ek nooit besef het nie ……………….. en dankie Abba Vader dat U my daardeur gedra het. Ek is deur die Innerlike Genesing kursus en nou eers kan Vader my begin gebruik. Baie dankie Carin van Trinity Truth vir jou gehoorsaamheid aan Vader om ons deur hierdie pad te lei.
Vanaand help Carin my deur die Gees om my Genadegawes te ontdek = wat n ontdekking! Vir my was dit ʼn ongelooflike emosionele ervaring om gekonfronteer te word met al die hemelse geskenke waarmee die Here my geseën het. Ek kan nie wag om te sien / leer wat Vader nog vir my gaan wys nie.
  • All the Glory to God*
Chantal Joubert
08/12/22 10:07:57
Hierdie is my tweede reis met Kies die Lewe. Die waarheid is: die eerste keer gee ek nie die Heilige Gees genoeg kans om in my te werk nie. In die begin van 2022 hoor ek duidelik hoe die Here vir my sê: Hierdie gaan jou opstaan jaar wees. Soos ʼn drenkeling klou ek in geloof vas aan hierdie woord van die Here. Die Kies die Lewe Zoom kursus kom op en ek weet net, ek moet dit weer doen. Hierdie keer is die uitroep van my hart: “Here, maak Ù my gesond dan sal ek waarlik gesond wees.” Die oomblik toe ek myself toelaat om vulnerable genoeg te word kon die Here Sy liefdevolle soeklig tot in my donkerste hoekies inskyn. Dank die Here dat Hy nooit Sy hand van ons afhaal nie, en dat Hy altyd die goeie werk wat Hy in ons begin, enduit sál voer. Jy sien, toe Lasarus uit die graf uitkom, was hy nog in doodsdoeke toegedraai. Die Here beveel die mense om vir Lasarus los te maak. Dít is presies wat die Here vir my met hierdie Kies die Lewe kom doen het. Danksy Carin, wat as regverdige saam en vir my gebid het, is die leuens van die vyand na die Lig gebring en kon God met Sy genesingswerk in my, begin. Die Here se uitnodiging: “Kom, laat ons die saak met mekaar uitmaak”, roer my binneste en ek vra “Hoe, Here?” Die antwoord was duidelik: Bring alles, elke stukkie seer, elke ongeregtigheid en verwerping wat jy ervaar het, bring dit vir My. Die oomblik toe ek in gehoorsaamheid reageer en kies om te vergewe en vry te spreek, val daar ʼn swaar las van my af. Vandag kan ek getuig: die Here plak nie net pleisters op ons seer nie, HY genees volkome! Die Here se vraag: “Wil jy gesond word?” is ook vir jóu bedoel. HY wag met uitgestrekte arms vir jou om die keuse te maak om HOM, Die Ware Lewe, te kies. Kiés die Lewe! Wat het jy om te verloor? Laat toe dat die “doodsdoeke” wat om jou gedraai is, losgemaak word en ook jý in vryheid in die nuwe lewe kan opstaan. Hoor vandag die uitnodiging én die belofte: “Nader tot God en Hy sal tot jou nader” (Jak. 4:8) “Niemand wat hul verwagting in die Here stel, sal ooit teleurgestel word nie” (Ps.25:3)
Lientjie BEZUIDENHOUT
05/12/22 14:37:36
LIEWE CARIN EN FRANCOIS!
DANKIE VIR JULLE GEHOORSAAMHEID AAN GOD EN DAT JULLE ONS KOM LEER OM IN ONS PURPOSE IN TE GAAN MET ONS GENADE GAWES. AS EK NIE DIE KURSES GEDOEN HET NIE, HET EK MY DOEL GEMIS WAT GOD WERKLIK VIR MY BEPLAN HET VOOR DIE GRONDLEGGING VAN DIE AARDE. EK IS DANKBAAR TEENOOR GOD DAT HY JULLE OP MY PAD GESTUUR HET.
BLESSING VIR JULLE ALTWEE, CARIN MAG GOD JOU BEDIENING SEEN EN UITBREI TOT DIE UITHOEKE VAN DIE AARDE!
Ek wil ook net spesiaal dankie se vir jou Francois en Carin dat julle die nagmaal so spesiaal gemaak het en dat ek met elke nagmaal geeindig het met trane in my oe van die tasbare teenwoordigheid van God. Ek gaan dit baie mis as ons klaar maak! Dankie dat die oomblik as ek die Zoom oopmaak ek Die Here by my kan voel en Sy liefde so tasbaar kan ervaar.

LIEFDE
LIENTJIE
Edward Funchal
01/12/22 09:29:34
Ek wil baie dankie sê vir Trinity Truth dat julle gehoorsaam was aan die stem van die Here, en hierdie werk aangepak het. Oral oor die land en wêreld rig God mense op om die liggaam van Christus te ondersteun en op te bou, en hierdie werk, glo ek, is 'n fondasie daarvoor. Dit is gebasseer op waarheid en het vir my, my hele lewe bymekaar gebring. Vir die eerste keer kan ek met selfvertroue voor God staan en nie wonder oor wat ek moet doen nie. Ek weet nou waarvoor ek geroep is. Dit het my passie en vuur in my bevestig en vir my 'n fondasie gelê waarop ek kan bou. Ek kon in die Gees sien hoe ek voor God staan en my opdrag en purpose kry, en nou het Psalm 139 'n veel dieper betekenis vir my
Baie dankie. Ek sal julle wyd en ver aanmoedig en verkoop want ek glo dat hierdie uit die hart van God gebore is
Kaydee Fick
05/09/22 20:06:59
"You were made by God and for God, and until you understand that, life will never make sense." - Rick Warren.

Ek dink so terug aan die Woorde van ons Hemelse Vader in Hosea 4:6 waar Hy se, "My volk gaan tengronde weens 'n gebrek aan kennis." Ons identiteit in Christus is een van die belangrikste aspekte van ons (ware)menswordings reis hier op aarde, tot en met ons nie ons identiteit in die Seun van God gevind het nie, kan ons ook nie die roeping wat oor ons lewens uitgespreek is (Ef.1:11-12) uitleef en so die Koninkryk van God op aarde bou en Sy Naam verheerlik nie. Dit was dus vir my die grootste voorreg, en een van die mees verrykende kursusse wat ek al aan deelgeneem het. Ek is dankbaar aan Carin en Francois wat my gehelp het om die 'ware' Kaydee in Christus te ontdek, en vir die profetiese Woord wat as geskenk deur die Heilige Gees aan my gegee was.

Ek sal hierdie kurses aanbeveel vir enige iemand wat dieper in hul identiteit en verhouding met Christus wil groei!
Pat Viljoen
31/08/22 09:00:57
Ek het al voorheen kursesse gedoen om my purpose vas te stel maar nog nooit het ek die geleentheid gehad om skriftelik dit te bevestig nie. Elke sessie was propvol inligting, skrif en waarheid. Skielik besef 'n mens hoe sorgvuldig om aanmekaar geweef is en watse potensiaal ons as mens eintlik besit.

Hierdie kurses is 'n moet vir elkeen wat weier om hulle talente te begrawe maar om eerder daarmee te woeker sodat die koninkryk van God sowel as die liggaam van Christus tot volkome volwassenheid kan groei.

Dankie Carin en Francois vir die verryking in my lewe. Waardeer julle tyd enenergie wat in hierdie kurses gesit is. Be blessed
Cecile Grobler-Schwarzer
30/08/22 07:45:59
Mense wat 'n reis. Grace gifts is 'n fenominale reis deur meesterlike geestelike gesalfde toergidse/leiers Carin en Francois. Jy gaan op 'n ekspedisie van self ontdekking en openbaarmaking van wat God se doel "purpose" vir jou is. Die seen wat jy ontvang naamlik genade gawes en die verantwoordelikheid wat jy dra met jou genade gawe.

My persoonlike self-ontdekking waar ek meer van myself geleer het en hoekom ek optree en dink soos ek doen. Waar ek bewus geword het dat al het ek goeie intensies dat sommige kere daar terleurstelling kom wat ek het in eie wil en nie God se wil; en nie in regte genade gawe gehandel nie. Die wonderlike verlossing wat vergifnis aan myself en belangrikste van God my bring. Ek sal defnitief Grace Gifts Level 1 &2 aanbeveel in enige geestelike seisoen. Doen jouself die guns en neem deel aan die reis.
Loubeth Piek
10/08/22 11:04:10
Hierdie inligting het my weereens tot die besef gebring van hoe nietig ek is en watse kennis gebrek ek het en dat God my goed genoeg geag het om hierdie gawes aan my toe te vertrou.
Dis hoendervleis inligting.
Ek kannie wag vir meer nie.
Show: 5  10   20

Video Getuienisse ...

Getuienis: Kies die Lewe - Aletta Bethell

Getuienis: Kies die Lewe (Vrees) - Ivonne Bergh

Getuienis: Kies die Lewe (Vrees) - Nadine Thompson

Getuienis: Kies die Lewe - Francois Terblanche

Getuienis: Kies die Lewe (Vrees) - Patricia Viljoen

Getuienis: Kies die Lewe (Depressie) - Patricia Viljoen




Read more about Trinity Truth's products and services. Click on the banner of your choice for more information.

Lees meer oor Trinity Truth se produkte en dienste. Klik op die banier van jou keuse vir meer inligting.